bridge over troebel amanzi - voortsetting van die taal as brug

Ons afrikaanssprekendes gebruik nogal baie die maleise woord baie en dikwels as ons seer kry roep ons eina in khoikhoi uit. Van tyd tot tyd - veral by i'rugby - sing ons afrikaanssprekende suid-afrikaners uit volle bors ons volksiculo in drie tale saam , ten spyte daarvan dat afrikaanssprekendes nie noodwendig weet wat 'maluphakanyisw' uphondo lwayo', en 'o fedise dintwa le matshwenyeho' beteken nie , of dat sprekers van, ndibele, xhosa, zulu, sepedi, sotho, tswana, swati, venda en tsonga, of sprekers van fanagalo, tsotsi, khoe, nama, san en phuti , of miskien erens nog oorlewende sprekers van //xegwi, batwa of amabusmana nie noodwendig weet wat 'oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee' , of “sounds the call to come together” beteken nie .

waaroor gaan dit apha e afriqaans

bridge over troebel amanzi - voortsetting van die taal as brug

In afrikaans , met sy oorspronge as brugbouer van kommunikasie tussen veral khoikhoi, maleis en nederlands, het daar maar ‘n handjievol maleise en khoikhoi woorde oorgebly.

Uit die khoikhoi is daar “arrie” , “aitsa” , “eina” , “ai” , “kierie” , “gogga”, “hoeka” ,“kamtig” , “abba” , “karos” , “boegoe” “dagga” , “koedoe” , “kwagga” .

Uit maleis het ons “noi” (nonah) , “doepa” , “piesang” , “sambok” , “blatjang” , “baadjie” (badju) , “bar” (baharu) , “kapok” , “soebat” , “katel” , “rottang” , “oorlams” , “amok” (amuk) , “laksman” “pondok” , “oorkrabbertjie” “baklei” (berkahali) en “baie” (banyak)

Die taalmonument reik sedert 1975 die hoogte in die paarl in as uitdrukking van die afloop van 100 jaar sedert die stigting van die genootskap van regte afrikaners in dieselfde dorp . Gedurende daardie honderd jaar het afrikaans homself gevestig as literere en wetenskaplike taal eerder as kombuistaal, maar is afrikaans ook doelbewus weggebuig van die inheemse tale en teruggebuig na die nederlands toe. Op afriqaans.com wil ons nie energie spandeer op ons geskiedenis van kolonialisme , rasse – konflik , uitbuiting van groep deur groep nie. Eerder wil ons daaroor maar saam probeer hleka en mekaar die hand gee ... saam izandla vat op soek na 'n kreatiewe toekoms vir zonke in suid-afrika .

Dat die gra in sy grammatikaboek 'Di Eerste Beginsels van di Afrikaanse Taal' gese het :

“Ons skryf nes ons praat . . . elke ding het syn naam . . . eiename so’s Piet , Kaap, Kaffer ... ons het twe lidwoorde : ‘die’ en ‘’n’ . ‘Die’ gebruik ons , as ons van ‘n bepaalde ding praat , so’s die Hottentot; ‘’n’ as ons somarso algemeen iets wil ange , so’s ‘n Griekwa”.

is vir ons hier nou amanzi onder deur die brug. Die GRA se standpunt oor die verhouding tussen die taal en die werk - “Ons taal en ons geaardheid kom net oereen : in ons woorde nie meer letters as nodig ni, en in ons werk gen omslag en min onkoste”- reflekteer op verwronge wyse tog die waarheid dat afrikaans sy beslag gekry het in die ongelyke arbeidsverhoudinge tussen kolonis en slaaf of khoikhoi werker, waar die kolonis nie dieselfde hoeveelheid energie hoef in te gesit het om die sonka op d' etafileni te kry nie. En tog kan ons nou die projek van afriqaans aanpak met "gen omslag en min onkoste' ... en gewapen net met 'n bietjie motivering. 'n Groot deel van die kennis van woorde uit ons ander tale bestaan reeds.

Ons weet die verlede kan nie net uit ons geheue verdwyn nie . Maar ons leef in ‘n tyd waar ons die positiewe kan aangryp, ook wat ons taal betref. Baie water het in die lwandle geloop sedert die verskillende bewegings in Afrikaans. Die vergewensgesindheid soos vergestalt in Nelson Mandela, het ons by ‘n demokrasie uitgebring eerder as by ‘n racial civil war tot die bittereinde soos sommige van ons geantisipeer het .

Vanuit afrikaans se posisie van relatiewe sterkte teenoor die inheemse tale, zama afriqaans doelbewus om soveel moontlik amagama uit die inheemse tale in die taal in te bring . Die handjievol woorde wat uit die inheemse tale in ons taal survive het, gee ons ‘n basis waarop ons kan voortbou, want ons weet reeds dat ons nie 'n probleem met hierdie woorde het nie en dat hulle ons taal verreik het en maklik in die volksumlomo le.

Eerder as om te sê “ek gaan die game check” kan ons sê “ek gaan die dlalo bona”.

Die opneem van nuwe woorde uit die inheemse tale beteken nie dat die spreker vergeet hy sou ook kon sê “ons gaan die wedstryd kyk” nie . Die nuwe woorde versterk die taal, want jy kan kies of jy die die brood of die sonka wil deel . Huidiglik is die inheemse tale vir die meeste afrikaanssprekendes eenvoudig te kompleks om oornag aan te funda. Die praat en skryf en sing van afriqaans maak iingcango wyer oop sodat die sprekers van die inheemse tale meer genee word om afriqaans te gebruik.

Nie ‘n kamtige derde , vierde of vyfde beweging van die taal word hier afgekondig nie , maar afriqaans sit sy eie oorspronklike ontwikkeling doelbewus voort .

onder konstruksie

hierdie webtuiste is huidiglik onder konstruksie - as u wil, kan u solank registreer en 'n bietjie begin bhala - bbb - bietjie begin skryf

Syndicate content